Flip 'pitch' ongeloofwaardige idees aan hoofkantoor, wat eintlik daar is om die personeel te waarsku om hul sokkies op te trek. Emma besef sy moet die ander werknemers beter leer ken.
'n Onskuldige touch-rugby wedstryd tydens middagete gee aanleiding tot Flip se ongewilde oortuigings oor vroue. Joubert kry Tjaart om al sy eks-vriendinne te bel om uit te vind of hulle swanger is.
Flip raak smoorverlief op Martie terwyl Joubert desperaat probeer om haar kontrak te finaliseer. Kayle besef niemand dink Engelse Suid-Afrikaners het 'n kultuur nie.
Flip ontdek 'n moesie en word deur Tjaart na die dokter begelei. Hulle neem die 'ergste geval scenario' as die enigste scenario. Joubert en Emma beplan 'n romantiese aand vir Flip en Martie.
Flip neem aanstoot wanneer hy sien dat sy personeel die ander tak se gees geniet. Tjaart besef hy het 'n 'een-nag-plesiertjie' met 'n kollega se nuwe meisie gehad.
Flip se selfsugtige prestasie evaluerings spiraal in persoonlike vernedering wanneer sy poging om Martie se kullery te ontbloot, boemerang en lei tot 'n ongemaklike ʺbreakupʺ.